Waarom dawidbrits.co.za?

Het jy al ooit in ‘n vreemdeling se huis ingeloop en rondgekyk, maar nie presies geweet wat om te verwag voordat jy die persoon ‘n bietjie beter leer ken het nie? Wel, dit is ‘n bietjie moeiliker om ‘n blog / blogger te “leer ken” deur net so te praat deur die voordeur, so ek het gedink ek sou probeer om dit ‘n bietjie makliker te maak met hierdie bladsy.

DawidBrits.co.za is die aanlyn tuiste van (jy het reg geraai) Dawid Brits; ‘n christelike aanlyn joernaal waar jy alles kan lees oor die Christelike lewe-, denke en geloof sowel as enige noemenswaardige aangeleendhede wat die breër christelike samelewing raak.

Lig is Beter as Duisternis

Die algemene doel is in die slagspreuk ‘Lis is Beter as Duisternis’ Ek glo dat om effektief die waarheid aan te bied, moet dit gedoen word in liefde. Verstaan mooi, liefde is nie net om verdraagsaamheid nie. Almal van ons beskik oor die beperkte vermoë om ander te verdra, terwyl ons altyd vir hulle moet lief wees. Dit is my missie om jou in te lig met skrywes wat eerlik, nederig, sagmoedig en pretensieloos is.

Antwoorde op moeilike vrae

‘n Waarneming van die moderne eeu sal wees dat christen geleerdes het antwoorde op moeilike vrae, maar hierdie antwoorde bly in die akademiese literatuur weggesteek en word selde, indien ooit, op ‘n maklik verstaanbare vlak gekommunikeer.

Nie-Christelike media presteer met goeie kommunikasie oor baie vrae, maar bly grootliks onkundig oor die antwoorde wat Christengeleerdes in die akademiese literatuur bied.

Om dit eenvoudig te stel, die Christelike gemeenskap het goeie inhoud, maar kan harder werk aan kommunikasie, terwyl die nie-Christelike gemeenskap oor goeie kommunikasie beskik, maar nie goeie inhoud nie.

Ek poog om die ‘versteekte’ dieptes van die Christelike geloof op ‘n eenvoudige wyse aan jou voor te lê.

Wandel met sekerheid

Om op te som: dit is my taak om met sagmoedigheid die waarheid vir jou aan te bied, die wêreld se ideologie te kanselleer sodat jy kan wandel met sekerheid, in die waarheid van die Evangelie van Christus.

Dawid Brits