The Prodigal Prophet – Kommentaar op ‘n buitengewone boek

‘n Bespreking op The Prodigal Prophet deur Timothy Keller

Was dit ‘n vis of ‘n walvis, of ‘n tipe dinosaurus? Dit is waar baie mense se aandag rus wanneer hul die storie van Jona lees. Timothy Keller het my oë geopen tot die voor-die-hand-liggende, maar tog versteekte dieptes van hierdie verhaal. Dit is versteek vir baie van ons, want ons stel nie meer belang in die verhaal van Jona anders as die feit dat hy weggehardloop het, in die see gegooi was tydens ‘n storm en dan ingesluk was deur ‘n vis nie.

In erkenning, die naam het my gegooi. The Prodigal Prophet; ander boeke van Keller soos The Reason for God was op my lys, maar iets het my getrek na hierdie boek. Eers nadat ek die boek voltooi het, kon ek verstaan dat daar nie ‘n boek, meer geskik vir hierdie tyd geskryf is as hierdie een nie. Natuurlik is filosofie, apologie en teologie die drie hoof kategorieë van hierdie blog – Keller is ‘n meester van al drie, maar min het ek geweet wat vir my wag…

Timothy Keller (foto verskaf deur Wikipedia as deel van redelike gebruik)

Hierdie boek het my deeglik op die figers getik. Hieronder deel ek ‘n paar van die lesse wat ek geleer het:

Soms kan ons ‘n Les op deug van ongelowige mense leer

Jona is geroep om na mense van ‘n ander ras en godsdiens te gaan, erger baie geweldadige mense (Die Assiriërs) en die wil en toorn van God aan hulle te verkondig. Hy weier om te gaan; en selfs nadat hy weg is, wys hy vinnig sy vyandigheid teenoor hulle.

Eers in hoofstuk 1 en dan weer in hoofstuk 3, wanneer Jona in noue kontak met heidene gebring word, tree hulle in alle opsigte meer bewonderenswaardig op as hy. Hierdie herhaalde tema is te prominent om te ignoreer.

Die skrywer van Jona wys vir ons dat die ‘goddelose heidene’ meer morele deug kan toon as ‘n profeet, ‘n draer van goddelike openbaring, geroep deur die lewende God. Wat is die implikasies? Om mee te begin, is dit ‘n tema wat die Nuwe Testament nog duideliker na vore sal bring, naamlik dat ons almal, heidense en godsdienstige, Jode en heidene, sondig en verlore is en dat ons net uit genade gered kan word. ‘n Ander implikasie is redelik duidelik – Jona se houding teenoor die godsdienstige en rasse-verskille word skerp gekritiseer.

Jona se houding, was/is telkemale my houding.

Barmhartigheid is essensieël tot aktiewe christenskap

Die barmhartige Samaritaan en Jona word albei in kontak gebring met iemand wat van ‘n ander ras en godsdiens is. Die Samaritaan waag sy lewe om die man in die pad te help. (Dit was dapper van hom om op so ‘n afgeleë plek met rowers te stop.)

Inteendeel, Jona weier om een stel heidene (die Nineviete) te help en hardloop weg en sit ‘n ander stel heidene (die matrose in die boot) in gevaar is. Jona het geen verskoning gehad nie. Hy het geweet dat alle mense deur God na sy beeld gemaak is.

Keller verwys ook na John Calvin in sy Institutes en sê dat die skoonheid van God se beeld ons moet beweeg om enige mens te help, ongeag ras, status of morele woestyn.

Die beeld van God beteken dat ons ander mense moet behandel soos God dit verdien: “Elke Christen sal homself so beskou. . . ‘n skuldenaar aan sy bure dat hy goedhartigheid teenoor hulle moet betoon om geen ander perk te stel tot die einde van sy middele nie’ (Rof vertaal uit die boek). Dit is hoe die Samaritaan gereageer het, maar nie Jona nie.

*Ek kan meer doen om werklik barmhartig op te tree teenoor ander, ongeag hulle status in my oë.

Jonah and the Whale (1621) deur  Pieter Lastman

Dit is nie genoeg om die evangelie te preek nie, dit is ‘n leefwyse

“Usually those who are most concerned about working for social justice do not also stand up and speak clearly about the God of the Bible’s judgment on those who do not do his will … On the other hand, those who publicly preach repentance most forcefully are not usually known for demanding justice for the oppressed.”

Dit was my gevolgtrekking nadat ek lank hoofstuk 3 bestudeer het: Baie predikers sê dat Jona waarskynlik meer gesê het as: “Bekeer binne veertig dae, want Nineve sal vernietig word.” Hulle neem aan dat hy ook ‘n boodskap van genade verkondig het. Die teks sê dit nie (en Jona se humeur in hoofstuk 4 laat ons nie glo dat hy dit gedoen het nie).

Ons is ook geneig om te dink dat die Nineviete se berou ‘n massa-bekering was. Keller meen omdat die verbondsnaam, YHWH word glad nie genoem in die teks nie, en ook geen verklaring dat hulle hul afgode verlaat het nie.

Wat die teks sê, is dat hulle opgehou het om mekaar geweld te doen – hulle het opgehou om mekaar uit te buit, te misbruik en dood te maak. As jy na die profete se woorde aan heidense nasies in Jesaja, Amos en Esegiël kyk, het hulle ook hoofsaaklik met hulle gepraat oor hul wreedheid en onreg teenoor die swakkes.

Wat dan in Nineve gebeur het, was wat ons sosiale hervorming noem – en God was tevrede daarmee om die stad te spaar. Keller kom tot die gevolgtrekking dat Jona God se toorn verkondig het, en dat die reaksie sosiale hervorming was – die Nineviete moes nog heeltemal tot inkeer kom, maar die besef van hulle dade en die berou wat hulle getoon het, het God se toorn oor hulle, gestop.

Dit het my laat vra: Praat diegene wat ek ken wat in stede werk vir sosiale hervorming, baie oor die toorn van God? Het diegene wat die toorn van God in die openbaar verkondig hulle ook besig met sosiale geregtigheid? Ek sê nie daar is nie uitsonderings nie, maar in my ervaring word hierdie dinge nie bymekaar gehou nie.

Ons as Christene skei ons politiese sienings van ons geloof, terwyl die wêreld daarvoor boet. Ons het baie om te gee aan die mense rondom ons in terme van, wetenskap, tegnologie, filosofie, etiek, die reg, denkwyses, gewoontes, finansies ensovoorts; dit alles wysheid waarmee God ons vertrou. Wanneer ons dit vir onsself hou, verswak mense se lewenstandaard rondom ons. Wat ons sê moet meer as net woorde wees, ons moet dit leef tussen die mense rondom ons.

*Soms praat ek harder as wat my dade wys.

Liefde vir jou volk kan gevaarlik wees

Keller was ook na C. S. Lewis met sy wonderlike gedeelte in The Four Loves, waar hy aanvoer dat die liefde vir land afgodsdiens kan word en dus ‘n voertuig vir uitbuiting en boosheid kan word. Hy skryf in die nasleep van die Tweede Wêreldoorlog, toe dit nog duideliker was as vandag dat patriotisme demonies kan word. Twee tekens dui aan dat dit in ‘n mens se lewe kan gebeur.

Een teken hiervan is wanneer jou ras meer fundamenteel vir jou identiteit word as jou geloof in God. Jona het geweet dat as Nineve tot inkeer sou kom en barmhartigheid sou vind, dit sleg sou wees vir sy nasie. Daarom het hy sy nasionale belange bo die Nineviete gestel om God se waarheid te hoor. Dit is om jou liefde vir en diens aan jou ras en nasie belangriker te maak as jou liefde vir en diens aan God.

Lewis voeg ‘n tweede teken by. Hy sê wanneer jy die geskiedenis van jou volk begin afwit, wanneer jy nie die slegte dinge wat jou volk gedoen het, sal erken nie, dan loop jy die gevaar om so beter te voel as ander volke dat jy wreedheid kan regverdig.

*Soms is ek so trots op my velkleur dat ek ander mense sien as benede my.

Jonah and the Whale (mid 1600’s) deur Tavella, Carlo Antonio

God se regverdigheid, liefde en genade is samewerkend-gelyk

Keller spandeer meer tyd aan wat hy noem Generous Justice. Hy wys op twee algemene sienings van die verhouding van evangelisasie tot geregtigheid, medelye en barmhartigheid.

Die een is die bewering dat evangelisasie en geregtigheid ‘twee vleuels van ‘n vliegtuig’ is. Die probleem met hierdie analogie is dat (a) dit die twee skei, in plaas daarvan om te besef hoe integraal dit vir mekaar in ‘n bediening is, en (b) dit nie die verskil tussen die kerk en individuele Christene kan herken nie.

Terwyl die kerk gelowiges moet dissipel om sout en lig te wees – om betrokke te wees by geregtigheid en dikwels in politieke prosesse – moet die kerk self die belangrikste wees in die bediening van Woord en Sakrament, om nuwe Christene voort te bring en hulle te vorm vir bediening in die wêreld. Hy meen dat dit nie teologies of prakties reg is nie.

Aan die ander kant is die “middel tot ‘n doel” – beskouing dat ons slegs die armes help en werk vir geregtigheid as ‘n manier om mense sover te kry om die evangelie te glo en tot bekering te kom. Nou kan goeie dade mense daartoe lei om God te verheerlik, soos Matteus 5:16 en 1 Petrus 2:12 aandui. Maar ons moet goeie dade aan mense doen bloot omdat ons hulle liefhet.

Ons moet mense evangeliseer, want die liefdevolste ding wat ons vir enigiemand kan doen, is om hulle te help om Christus vir ewig te ken. Ons doen dit om hulle lief te hê, of hulle nou soos ons glo of nie. Om hulp te verleen net om bekerings te kry – en net so lank as wat ons dink hulle kan bekeer – is manipulasie, nie liefde nie.

*Alhoewel ek God se genade oor my lewe anvaar, is ek nie beried om daardie genade te deel met ander mense nie.

Erkenning is die eerste stap tot herstel

Daar het jy dit. As jy ‘n boek lees, maar jy het niks daaruit geleer nie, moes jy liewer nie gelees het nie. Hierdie boek, van hierdie skrywer, het my geleer wat ek reeds geweet het, maar onderdruk het. Niemand van ons, veral die wat onsself so hoog ag, is vry daarvan om te leer nie; veral nie in jou wandeling met Christus nie.

Soos ek, wees die eerste om te erken waar jy sondig. Bely dit. Raak ontslae daarvan. Doen dit nooit weer nie. In herhaling van my eie woorde: ‘Ons moet hard wees met ons sonde, maar terselfdetyd geduldig met ons groei.’ Ek, miskien ook jy, is die verlore profeet soos beskryf in hierdie buitengewone boek.

Dawid Brits

Vind my boekresensie op The Prodigal Prophet deur Timothy Keller hieronder:

Boekresensie – The Prodigal Prophet (Timothy Keller)