Wat gebeur op die Blogosfeer? (23 Februarie 2021)

Groete aan jou! Wees welkom hier.

Kom ons kyk wat het die afgelope week gebeur op die Blogosfeer, sowel as wat jy kan verwag in die komende weke.

Wat op aarde is ‘n Blogosfeer?

(Blogosfeer (Blogosphere in Engels) – Selfstandige Naamwoord: (Def.) blogs wat saam met hul skrywers en lesers as ‘n duidelike gesamentlike aanlyn-netwerk beskou word.)

Soos altyd, kliek op die opskrif van elke paragraaf wat jou sal neem na die volle artikel.

TOWARD A PUBLIC THEOLOGY FOR A TECHNOLOGICAL AGE

“While the rise of transnational entities, like technology companies, may present unique challenges on issues like online governance, it also presents a unique opportunity for Christians to engage technology companies with a robust public theology built upon the unchanging understanding of human dignity and freedom.”

SUSTAINED THROUGH THE HARDEST SUFFERING

“The confidence of a joyful future breaks the power of fear and greed and anger and self-pity.”

John Piper deel ‘n paar sleutelinhoud uit sy nuwe boek oor voorsienigheid deur te vertel hoe God se voorsienigheid ons deur selfs die moeilikste lyding onderhou.

MYTHBUSTER: SLAIN IN THE SPIRIT

Dit is hoogtyd dat iemand iets hieroor sê. Costi Hinn spreek die mites aan rakende hierdie verskynsel op ‘n goed beredeneerde manier, vannuit gesonde interpritasie van die Bybel.

SHOULD WE BE TALKING ABOUT RAVI ZACHARIAS POST MORTEM?

Vir al sy komedie, slaan Todd Friel altyd die spyker op die kop:

“This shouldn’t be a happy subject for anyone; We want to approach this carefully and wisely. Our leaders are being done a disservice when we don’t hold them accountable. Theology is a big deal.”

Ek luister sy program op ‘n gereelde basis per YouTube. Dit is baie lig, maar geweldig treffend.

Wat kan jy verwag in die komende weke?

Ons eindig ‘Ontdek God se Wil vir jou lewe’ in die eerste week van Maart. Daarna sal dit ‘n rukkie wees voordat ek ‘n nuwe reeks begin. Dit was harde werk en ek het tyd nodig om te besin oor verdere reekse op hierdie webwerf.

Aangesien, die World Mission Society Church of God wees aan my deur kom klop het, het ek besluit om weekliks as deel van die Apologie afdeling ‘n sklid in jou hande te plaas vir ingeval hulle by jou aanklop, of êrens vaskeer in die publiek.

Natuurlik kan jy (dit is die beter opsie) hardloop vir die heuwels as hulle jou nader, maar indien jy soos ek is en oor alles besin, beredeneer of argumenteer gaan daardie artikels jou help om hulle sistematies te weerlê – wie weet!? Miskien kom van hulle tot inkeer, dit is tog immers die doel! Dit gaan nie daarom om met hulle te stry nie, maar om te verdedig teen dit wat hulle sê.

Soos normaalweg kan julle ook verwag dat ek ‘hart-op-die-tong’ tipe skrywes sal aanbied tussen-in, sowel as ‘n boekresensie.

Cheers vir eers vriende!

Dawid Brits